Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Hubei |
Koördinate | 29°58′N 113°53′O / 29.967°N 113.883°O |
Stigting | 1709 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 528 vk km |
Hoogte bo seevlak | 77 m |
Bevolking: | |
- Stedelik (2018) | 8 896 900 |
- Bevolkingsdigtheid | 5 823/vk km |
- Subprovinsiale stad | 11 081 000 |
- Metro (2018) | 19 miljoen |
Tydsone | UTC+8 (CST) |
Burgemeester | Zhou Xianwang |
Amptelike Webwerf | Wuhan |
Wuhan (Chinees: [ù.xân], ; Vereenvoudigde Chinees: 武汉; Tradisionele Chinees: 武漢) is die hoofstad van die provinsie Hubei in die sentrale Volksrepubliek China met 'n oppervlakte van 1 528 vierkante kilometer en 'n bevolking van byna 8,9 miljoen. Die stad is in die oostelike Jianghan-vlakte naby die samevloeiing van die Yangtze- en Han-riviere geleë en is tans die politieke, ekonomiese, finansiële, kulturele, opvoedkundige en vervoersentrum van Sentraal-China. Talle belangrike spoorweglyne, paaie en snelweë loop deur die stadsgebied.
Die revolusie van 1911, wat vanuit Wuhan oor die hele land versprei het, het tot die omverwerping van die keiserlike bewind in China gelei. In die 1920's het Wuhan as die hoofstad van 'n linksgesinde Kuomintang-regering onder Wang Jingwei gefungeer wat homself in opposisie tot die partyleierskap onder Chiang Kai-shek gevind het. Die huidige stad is met die samesmelting van drie voormalige stede, Wuchang, Hankou en Hanyang, tot 'n gemeenskaplike munisipaliteit gevorm in 1927.